Tag Archive for 'Afrikaans Humanifesto'

SuperForest Projects: Let’s Globalize the Humanifesto (9/18/09 Update!)

lets-globalize-the-humanifesto-update-8-copy

Greetings, SuperForest!

As if there wasn’t enough cause for celebration on this glorious Friday evening, we have a fresh new update on our Let’s Globalize the Humanifesto project!!! I’m pleased to announce that since the last update, we’ve received TWO gorgeous Humanifesto translations! This time, a big thank you goes out to the wonderful SuperForesters Mary Ann and Karien for their hard work! SuperForester Mary Ann was kind enough to send us a Greek translation of the Humanifesto and not long after, SuperForester Karien sent in an Afrikaans translation! This brings us to a grand total of 19 languages!!! 19!!!

Here’s a nice list of all of our translations to date:

1.) The SuperForest Humanifesto by SuperForester Jackson 
2.) Manifesto dell’Umanita’
translated in Italian by SuperForester Silvia 
3.) El Humanifesto de SuperForest
translated in Spanish by SuperForester Imelda 
4.) Humanifesto
translated in Bahasa Indonesia by SuperForester Anindya 
5.) SuperForest Humanifesto-ja
translated in Hungarian by SuperForester Larissa
6.) ヒューマニフェスト translated in Japanese by SuperForester Keiko
7.) SuperForest Humanifest translated in Dutch by SuperForester Erik
8.) Humanifesto translated in French by SuperForester Marie-Paule
9.) The German translation by SuperForester Susanne is still under construction (The scans of Susanne’s handwritten version can be found here! My sincerest apologies for the continued delay.)
10.) Humanifesto translated in Portuguese by SuperForester Anna
11.) Humanifesto translated in Korean by Superforester Soyoung
12.) SuperForest Humanifesto translated in Polish by SuperForester Ewa
13.) SuperForest Humanifesto translated in Danish by SuperForester Emil
14.) The SuperForest Humanifesto translated in Swedish by SuperForester Magdalena
15.) البيان الإنساني لسوبرفورست translated in Arabic by SuperForester Saja
16.) Humanifesto translated in Mandarin by SuperForesters Yangyide Ye, & Winnie
17.) Humanifesto translated in Romanian by SuperForester Ioana
18.) The SuperForest Humanifesto translated in Greek by SuperForester Mary Ann
19.) Die SuperForest Mens Manifes translated in Afrikaans by SuperForester Karien

It’s difficult to grasp the magnitude of the love and energy that went behind the creation of each one of those translations. To see 19 of them lined up one by one is something beyond words! And when I take a look at the globe image along with all of those colorful little flags, I am left in a state of pure awe. With that single image we see a literal example of global collaboration at its finest. We see sparks of inspiration and brilliant energy across the planet all joining together in an effort to spread the simple but profound words of the Humanifesto as far and wide as possible.

If you speak a language other than English and those listed above and would like to help us out by providing a translation, don’t hesitate to contact us! Any language is welcome and would be much appreciated! What do you think? Are 50 translations possible? 100?! There is no limit to where this project can go, let’s keep the ball rolling!

Again, thank you to both Mary Ann and Karien and anybody that has participated in this effort to globalize the Humanifesto. Whether you provided a translation, or shared it with others, please know that your enthusiasm is much appreciated and our gratitude toward you is undying.

Namaste,

Carla and Team SuperForest

Die SuperForest Mens Manifes (Afrikaans)

Wat gaan die mensdom red?

Asseblief
Dankie

Twee woorde wat hierdie planeet heeltemaal sal verander.
Meer as sonkrag. Meer as herwinging. Meer as windkrag.

Hoekom?

Want as ons almal begin om mense en dinge waarmee ons elke dag te doen kry met respek en deernis te hanteer, gaan die gevolge na elke aspek van ons lewe uitkring en die wêreld verander.

Ons ouers het ons die gedrag geleer wat ons elke dag gebruik en daarom voel ons dat ons (na jare van selfondersoek) op die pad na vernuwing is. Ons gedrag skryf voor hoe ons die eksterne wêreld, die Omgewing, hanteer. Ons voel dat dit hoofsaaklik ons optrede is wat ons sukses as mens bepaal.

Mense praat daaroor om die Omgewing te red en dit skep die idee van kabbelende stroompies en onaangeraakte woude. Maar die Omgewing is nie net bome en pragtige landskappe nie. Dit is ons plakkerskampe, ons lughawes, ons huise, ons supermarkte.


Die Omgewing is alles wat verdwyn wanneer jy jou oë toemaak.

As jy dit wil verbeter, moet jy begin met alles wat jy sien en teëkom elke dag van jou lewe.

Voordat ons kan begin om ons huidige gemeenskap op te hef van n koolstof-gebaseerde gemeenskap tot n son-elektriese gemeenskap, wetend dat son-elektriese, gedesentraliseerde krag beter lewenskwaliteit vir almal beteken, moet ons eers stop en vir onsself vra: Hoekom? Wat is die moeite werd om te red?

Menslike Bewussyn.

Ons gawe, en vloek, as mense is ons ongeloolflike bewussyn. Ons is bewus, en dit is die beste en slegste ding van menswees. Ons kan duidelik sien die moontlikheid bestaan dat ons goed kan lewe, dat ons mekaar beleef kan behandel, en dat die lewe ongelookflik kan wees. En daarom voel ons dat dit ons verantwoordelikheid is om ander mense te plesier en te vertel van die hoop om n beter wêreld te skep.

Daar is geen rede waarom elke mens op aarde nie toegang kan hê tot die volgende nie:
Skoon water

Voedsame nie gemanipuleerde kos
Huisvesting
Onderwys
Open Source Kommunikasie
Vryheid van Onderdrukking en Fascisme

Maar pngeukkig is dit baie duidelik dat meeste mense nie hierdie dinge het nie.
Meeste mense het nie eers twee van die ses dinge nie!

Hulle kan dit hê, maar hulle het nie.

Hoekom?

Swak Maniere.

Amper elke geloof op aarde het as een van hulle grondbeginsels die idee dat om gelukkig te wees, moet jy ander hanteer soos jy graag hanteer sou wou word.
n Mislukking in hierdie area is alleenlik die gevolg van swak maniere.

Wanneer n maatskappy besluit om hulle afval in n rivier te stort wat laer-af vir drinkwater gebruik word, is dit swak maniere.

Wanneer n gemeenskap kies om mense in tronke te gooi sonder om enige geleentheid vir rehabilitasie te bied, is dit swak maniere.

Wanneer n persoon besluit om in n skool in te stap en klasmaats te skiet, is dit baie swak maniere.

Dit is waarom ons NOU MOET BEGIN.

Elke nuwe generasie moet die kuns van goeie maniere geleer word as ons wil oorleef, om nie eers te praat van floreer, as ‘n spesie nie.

Probeer harder om ander mense te hanteer so jy graag deur hulle hanteer wil word, and soek daadwerklik na maniere om ander mense rondom jou te help. Doen dit uit ‘n opregte plek binne in jou, en kyk hoe die gevolge daarvan uitkring na buite.

Hoekom?

Omdat so min mense dit doen.

Goeie maniere laat jou uitstaan soos n helder lig in n donkerkamer.

Drie Noodsaaklikhede:

Maak oogkontak met almal met wie jy te doen kry. n Glimlag is opsioneel maar hoogs aan te beveel.
Gebruik die woorde Asseblief en Dankie so gereeld as moontlik.
Soek na maniere om ander mense se lewens te verbeter. Dit kan so eenvoudig wees soos om ‘n persoon se sak by trappe op te dra of om net n deur oop te hou.

Doen hierdie drie dinge en jou lewe sal in ontelbare maniere verander. En jy sal die lewe van mense met wie jy in aanraking kom op ontelbare maniere positiewe verander.

Ons is optimisties en vol hoop.

Dankie dat jy hierdie gelees het.

Die SuperForest Span

Jackson, Niki, Andrew, Alex, Taylor, Jaell, Julius, April, Jordan, Spoon, Carla, Iman, Chris, Aaron, Jo, Jackie, Drake, Bee, Patricia, Heather, Amy, Silvia, Imelda, Anindya, Larissa, Keiko, Erik, Marie-Paule, Anna, Soyoung, Ewa, Emil, Magdalena, Saja, Yangyide Ye, Winnie, Ioana, Mary Ann, & Karien